Australopithecus sediba

Australopithecus sediba
Tydperk: 1.977–1.98 m. jaar gelede
Pleistoseen
’n Skedel van "Karabo"
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. sediba
Binomiale naam
Australopithecus sediba
(Lee Rogers Berger et al., 2010)[1]

Australopithecus sediba is ’n spesie van Australopithecus uit die vroeë Pleistoseen wat sowat 2 miljoen jaar oud is. Ses skelette is in die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika gevind – die een ’n jong man (MH1, ook bekend as "Karabo"),[2] ’n volwasse vrou (MH2), ’n volwasse man en drie kinders.[1][3]

Die fossiele is saam in die bodem van die Malapagrot gevind waar hulle hulle oënskynlik doodgeval het, en is tussen 1,977 en 1,98 miljoen jaar oud.[4][5]

Meer as 220 stukke van die spesie is ontdek.[1] Die gedeeltelike skelette is aanvanklik in die tydskrif Science deur die paleoantropoloog Lee R. Berger van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en sy kollegas beskryf as ’n nuut ontdekte spesie van die vroeë mens met die naam Australopithecus sediba ("sediba" beteken "fontein" of "put" in Sotho).[1]

Australopithecus sediba het dalk in die grasvelde gewoon, maar het vrugte en ander kos uit die woud geëet – nes moderne sjimpansees.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Berger, L. R.; de Ruiter, D. J.; Churchill, S. E.; Schmid, P.; Carlson, K. J.; Dirks, P. H. G. M.; Kibii, J. M. (2010). "Australopithecus sediba: a new species of Homo-like australopith from South Africa". Science. 328 (5975): 195–204. doi:10.1126/science.1184944. PMID 20378811.
  2. Juliet King (4 Junie 2010). "Australopithecus sediba fossil named by 17-year-old Johannesburg student". Origins Centre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2012. Besoek op 9 Julie 2011.
  3. Ann Gibbons (2011). "A new ancestor for Homo?". Science. 332 (6029): 534. doi:10.1126/science.332.6029.534-a. PMID 21527693.
  4. African fossils put new spin on human origins story - BBC News - Jonathan Amos – Besoek op 9 September 2011.
  5. Dirks, P. H. G. M.; Kibii, J. M.; Kuhn, B. F.; Steininger, C.; Churchill, S. E.; Kramers, J. D.; Pickering, R.; Farber, D. L.; Mériaux, A.-S. (2010). "Geological setting and age of Australopithecus sediba from Southern Africa". Science. 328 (5975): 205–208. doi:10.1126/science.1184950. PMID 20378812.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search